Struktuële Insoleerde Panele, of te wel SIP's is so saamgestel dat elke paneel struktuele waarde bied aan die konstruksie waarin dit gebruik word. Die lamminasie van twee soliede borde aan weerskante van 'n soliede polistrireen vel bied nie net hierdie struktuele waarde nie, maar ook isolasie teen weer toestande en temperatuur verandering.
Tradisioneel word hout borde soos OSB of gelammineerde borde soos "Shutter ply" of "Pine ply" gebruik as die buite velle van die paneel. Daar word soms ook van OSB hout bord aan die buitekant en Veselsement (Nutec) bord aan die binnekant gebruik gemaak.
Maar by SIP's Behuising maak ons van 9mm Magnesium Oksied (MGo) borde aan weerskante van die polistreen isolasie vel gebruik omdat MGo borde menigde voordele bo die tradisionele materiale bied. As punt van interessantheid en om die duursaamheid van Magnesium Oksied te beklemtoon - Die Groot Muur van Sjina was gebou met Magnesium Oksied. Hieronder lys ons maar net 'n paar van die uitstekende kenmerke van Magnesium Oksied borde

Comments are closed!