Kontak :

André - 0814751895

of

Abrie - 0824966559

E-pos :

info@sipsbehuising.co.za

SIP Huise en die voordele van Strukturele Isolerende Panele

Die akroniem SIP's staan vir Strukturele Isolerende Panele, wat gebruik word in 'n heeltemal ander manier om huise, werkswinkels ensovoorts te bou. In plaas van soos met 'n raamwerk-gebou waar met stutte, plate, balke en bordbedekking ens. gebou word, word SIP's huise gebou met panele. Die akroniem SIP, soos ek in die begin gesê het, staan ​​vir Strukturele Isolerende Panele wat in wese 'n fabriek gemaakte laminering (toebroodjie) is met 'n polistireen kernlaag  in die middel en bordmateriaal aan weerskante.Die polistireen is gewoonlik tussen 75mm tot soveel as 255mm dik en die bordmateriaal wat aan hierdie binnelaag vasgeplak word, is gewoonlik georiënteerde strandbord (OSB), maar deesdae word alhoemeer oorweging geskenk aan Magnesium Oksied (MgO) borde, wat opsigself beter strukturele waarde bied asook voordele soos hoë impaksterkte, weer-, vog- en alge-weerstandigheid.

'n SIP Huis word met die SIP-panele gebou soos mens 'n kaartehuis sou bou en in wese is daar geen stutte of geen raamwerk nie. Die panele word die een langs die ander gestapel om die mure te vorm en dieselfde panele kan selfs ook gebruik word om die dak te vorm sonder dat balke of kappe nodig is, wat in 'n staandak gebou die moontlikheid skep vir 'n wonderlike en bruikbare solder of selfs 'n mezzanine vloer.

Die panele pas aanmekaar met kepe langs die sykante van die panele waar die polistireen kern ongeveer 50mm terug gesny is sodat 'n stukkie SIP van ongeveer 100mm wat 'n lasstuk genoem word, in die kepe tussen panele pas en dit heg en stabiliseer een paneel aan die ander om die strukturele en termisie waarde van die muur te bewaar. Dit is dus 'n wonderlike metode om mee te bou en ons beveel dit sterk aan as 'n alternatiewe en beter manier om mee te bou en diegene wat reeds van hierdie metode gebruik gemaak het is regtig gelukkig en beïndruk daarmee. Die grootste rede hiervoor is sekerlik die energiedoeltreffendheid.

Daar was onlangs 'n studie in Suider-Ontario, VSA, gedoen waar twee identiese huise langs mekaar gebou is deur dieselfde bouspan. Die een huis is op die konvensionele stokraam metodes en boukodes gebou met al die gereguleerde hoeveelheid isolasie in die mure en plafon en die ander huis, identies in vloerplan en deur dieselfde mense gebou, is met SIP panele gebou. Nadat dit gebou is, was daar verskeie ondersoeke en ontledings van die twee verskillende huise uitgevoer om vas te stel presies hoeveel energie hulle verbruik in verskillende temperatuur toestande buite. Die uitslag was redelik opvallend, die SIPs-weergawe van die huis het die helfte van die energie van die ander huis gebruik.

En nog 'n interessante ding is dat die SIPs huis in werklikheid ook sterker as stokraam-huis is, wat nogal vreemd is, want 'n mens sou dink dat die houtraam dit sterker sou maak, maar dit is tog nie so nie, want 'n SIP's-struktuur is ongeveer drie keer so sterk as 'n vergelykbare raamwerk-weergawe. Daar is wel foto's van huise in die Karibiese Eilande wat gereeld getref word deur orkane en storms. Daar is veral een huis, wat al deur drie orkane getref is en min of meer ongedeerd daar deur is, terwyl al die ander stokraamhuise rondom dit, in die drie afsonderlike storms vernietig is.

In vergelyking met raamwerk-geboue, as daar slegs na materiaal koste van die muurstruktuur gekyk word, is SIP-geboue effe duurder, maar as na die algehele koste van die huis gekyk word, is die koste verskil minimaal vir die ekstra sterkte en nog meer belangrik die die energie-doeltreffendheid en hoër duursaamheid van die gebou.

Om met SIP's te bou, is regtig eenvoudig.

Dit is baie makliker as meeste ander boumetodes en dit verg baie minder vaardigheid om 'n SIP-muur op te rig as 'n raamwerkmuur of 'n baksteenmuur. Enige timmerman kan dit doen met die algemene houtwerk gereedskap, daar is egter twee addisionele gereedskapstukke nodig wat die meeste skrynwerkers waarskynlik nooit van gehoor het nie. Een is 'n Prezi-balksnyer, 'n soort instrument om die panele te sny wat soms redelik dik kan wees. Dit word aan 'n gewone sirkelsaag gekoppel en vervang dus die lem met 'n kort klein kettingsaagstaaf en lem. Die panele word gelewer met die nodige kepe aan die sykante waar die lasstuk-SIP in pas, maar as daardie ingeboude rand om watter rede ook al afgesny is omdat 'n paneel tot 'n sekere lengte of breedte gesny moes word, is daar nog 'n unieke hulpmiddel nodig, wat 'n warm mes genoem word, om die kepe aan die sykante van die panele uit die polistireen binnelaag uit te sny vir die lasstuk-SIP om in te pas.

Wanneer daar 'n verskaffer vir SIP's gesoek word, weet dat daar kleinhandelaars is wat uiteraard hulle winsgedeelte moet neem en dat die panele duurder sal wees as by die vervaardiger. So waar moontlik handel liewer direk met die vervaardiger van panele en SIP's Behuising is 'n werklike vervaardiger met ons fabriek in Orania, Sandsteen straat 37.



Scroll to Top