Oor Ons

Abrie en André is nie bang om moue op te rol en voor te vat nie
Wie is SIP's Behuising en wat doen ons
Leer Ons Ken
Die behoefte in Orania aan 'n boumetode wat koste effektief is en wat maklik oprigbaar is, het ons gelei na die ondersoek proses om 'n toepaslike antwoord op hierdie aanvraag te kry. Verder met die Orania se klimaat van uiterstes waar die somers snikheet warm is en die winters vriespunt koues beleef, moes ons 'n produk kry wat hierdie weersuitdagings die hoof kon bied.
Struktuele Insolleede Panele voldoen aan al hierdie vereistes en nog meer. Die panele is liggewig en dus maklik hanteerbaar - twee mense kan 'n paneel met gemak hanteer. Verder bied die samestelling van die panele met die polistireen binnelaag uitstekende isolasie teen temperatuur wisseling en die Magnesiumoksied bord buitelae is hoogs weerbestand en waterwerend.
Abrie en André staan gesamentlik aan die stuur van sake by SIP's Behuising en beide het jare se ondervinding in klante diens, konstruksie en die boubedryf.
Die mense van SIP's Behuising

Abrie Jonker
Mede Eienaar - Sakeman met jare se ondervinding in die konstrukie bedryf.

André Jonker
Mede Eienaar - Besigheidsman met jare se ondervinding in kleinhandel asook die boubedryf.
Uitstekende Produk
Terugvoer
Puik Diens
Terugvoer
Fantastiese konsep
Terugvoer

